Hierdie is ‘n maklike Moedersdag resep wat aangepas kan word na elkeen se smaak! Vir ‘n effens taaier en sagter koekie voeg nog malvalekkers by. Vir meer krakerigheid voeg nog Rice Krispies by. Ek besef jy het nie noodwendig ‘n resep nodig om hierdie lekkertes aanmekaar te slaan nie, maar ek deel graag die manier […]
Nagereg
Kaaskoek Trifle
Twee jaar terug het ek hierdie ongelooflike behoefte gehad om ‘n blog te begin. ‘n Blog wat kosstories vertel, herinneringe deel en van my gunsteling resepte uit my ma en ouma se kombuise deel. Ek was toe nog in Stellenbosch en my skrywes het my teruggeneem na ‘n grootword wêreld wat moeilik in woorde vasgevang […]
Gin & Tonic Kaaskoek
Koffietyd is vir my groot. As Hoërskool kind onthou ek dat ek naweke van elke koffietyd ‘n okasie gemaak het (Ons Nelle is kosmense en soek geleenthede om te kan eet!) Daar was altyd Plungerkoffie en dan ‘n koek, tert, Pavlova, skuinskoek, varsgebakte beskuit of enige ander soet resep waarop ek my hande kon lê. […]
Boervrou wees in die Boesmanland
Ek wil net hierdie blog begin deur uit te klaar dat ek hoegenaamd nog nie kwalifiseer as ‘n boervrou in hierdie wêreld van ons nie. Alhoewel my wortels nog altyd hier in die Boesmanland lê, is dit nou eers amper twee jaar wat ek woon in ons klip plaashuis met sy vriendelike stoep en lowergroen […]
Kleintyd Gunstelinge
As ek terugdink aan my kinderjare is daar ‘n paar dinge wat uitstaan. Ons het die voorreg gehad om kaalvoet op die Boesmanlandsevlaktes met draadkarre rond te hardloop, Gert van die buurplaas het vir my, my heel eerste blikkitaar met ‘n blou en wit BP olieblik gemaak en my heel eerste lappop, met die naam […]
Malva Poeding met ‘n twist
As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê. Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor. Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender: Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie […]