Die Oestafel storie

Die ritme van ons lewe begin eis sy tol teen Desember en dan raak dit tyd vir ons almal om net stil te raak. Of jy nou Kersfees vier of nie, of jy jou huis se deure opgooi vir die hele familie (of die hele buurt) of nie – die maand van Desember het net ‘n ander soort feestelikheid aan hom as enige ander maand.

Vanoggend stop ons vinnig by die bure, die buurtannie ruk koekblikke uit en pak dit seremonieel op die tafel uit: “Dis mos darem amper Desember” Ons smul aan die lekkerste tuisgebakte beskuit, rotskoekies en dan ook haar heel eerste sny vrugtekoek (Wat nou al vir ‘n paar maande op die rak staan en “geforcefeed” word met likeur) Ek kry sommer so in my stilligheid ‘n Oestafel se gedagte…

Desember is die tyd om tafel toe te bring dit waaraan jy al heel jaar swoeg en sweet. Dit waaroor jy 365 dae gedroom het, hard gewerk het voor en nou met trots kan se “Dit is gedaan”

Elke oesjaar lyk anders. Party is droog en die oes is klein, ander jare is dit geil, groen en absoluut oorvloedig.

En dit is presies ons gedagte met ons heel nuutste Boesmanland Bederfboks: Om die oorvloedige oes van 2022 uit ons plaaskombuise met julle te deel.

Wat is in die Boks:

  • Die Mas Pinot Noir Rose
  • Ingelegde olywe met knoffel & roosmaryn
  • Ingelegde groenvye
  • Namaqua Olyfolie
  • Boesmanland Biltong Dukkah
  • Uie & whiskey Marmelade
  • Langtafel snackbordjie/kapplankie
  • Feestyd Vlegbrood premix

Om een van ons Oestafel bokse te bestel (Teen R600 per boks, koerier uitgesluit) volg die skakel na ons aanlyn plaaswinkel:

Mag jy hierdie Desember tyd maak om hande te vat en brood te breek saam met jou hartsmense. Mag jul aande lank saamkuier en saamlag om n nederige kombuistafel, n glasie klink as die son sak. Mag jul om n vuurtjie kuier met skemeraand, n waatlemoen eet langs n soel plaasdam. Mag jou Desember gevul wees met liefde, omgee en saamwees.

NS – Met die skryf van hierdie blog was die Oranjerivier 24 uur van sy piek af soos deur kenners voorspel. Die druiweboere in ons omgewing gaan gebukkend onder skade en baie spanning. Ons vra sommer dat elkeen wat hier lees asseblief ook hierdie boere en hul gesinne aan die Here sal opdra!

2 Comments

  1. Hi Marli O die kaasmaak dit sal ek graag van wil hoor. Een van die dinge wat ek nog nie probeer het nie. Hey Boesmanland darem! Hoe meer dae hoe meer dinge!.
    Mag die Here wat ons hier op aarde geplaas het om te bewerk, bewaak en te bewaar Sy oeste beskerm en julle handewerk seen Natuurlik vereer ons Hom ook met die eerste opbrengs van elke oes terug gegee aan Hom Prys Sy ewige kosbare heilige naam.

Leave a Reply