Gee ons vandag ons daagse brood

Daar is niks so nostalgies soos ‘n sny vars gebakte brood nie! Ek onthou winter maande voor ons ou Aga stoof in die plaaskombuis. Die reuk van gebakte brood wanneer ons koshuiskinders op ‘n Vrydagaand by die huis kom. Hierdie brood word nog op die ou manier gedoen met volgraan meel en sonder enige fieterjasies. Dis heerlik as jy dit warm eet saam met regte botter en vars vyekonfyt!

Boesmanland Brood

Recipe by Marli Visser

bestanddele

  • 7 k Bruinbrood Mission Meel

  • 15 ml Bruinsuiker

  • 1 Pakkie kitsgis

  • 12.5 ml Sout

  • 15 ml Sonneblom olie

  • 800 ml Louwarm water

metode

  • Gooi al bogenoemde bestanddele bymekaar. Knie die deeg tot lekker, nie te styf. Maak dit warm toe en laat dit rys op ‘n warm plek tot dubbel in volume.
  • Wanneer die deeg klaar gerys is, knie dit lekker af. Verdeel dit en sit die deeg in broodpannetjies (Vooraf gesmeer), maak dit toe en laat dit weer op ‘n warm plek rys tot broodpannetjies vol is.
  • Verhit jou oond tot 190°C
  • Bak vir ongeveer 1 uur of tot goudbruin in ‘n oond van 190°C
  • Geniet dit saam met sagte vet of regte plaasbotter en vye konfyt!

Met liefde uit die Boesmanland xxx

Leave a Reply