Uit ‘n Boesmanlandse plaaskombuis

Boervrou wees is ‘n hart, siel en gees ding. Ek stap nou al vir ongeveer 4 jaar die pad saam met die Boervrouens van die Boesmanland – dit was vier uitmergelende jare van droogte en swaarkry. Elke boervrou moes diep in haar menswees gaan grawe om net bietjie hoop te kry vir die dag van more.

Nou het dit gereёn en die boervrouens blom – elkeen hier in die dorre wêreld waar ons geplant is! Daarom het ek besluit om hierdie projek aan te pak. Seisoenale bokse uit die Boesmanland boervrouens se kombuise. Ek het kleinbegin en ‘n boodskap gestuur op ons Landbouvereniging se vroue groep om te hoor wie sou belangstel om deel te hê in so projek en die terugvoering was oorweldigend.

Ons kontrei het ongelooflike talentvolle en vernuftige vroue – almal net te onseker om hul eie produkte aan die wêreld daarbuite te bemark. Kwaliteit produkte met die grootste sorg voorberei! Daarom gaan ek nou op ‘n gereelde basis die dames van die Boesmanland se talente in ‘n boks pak en die wêreld instuur.

Ons Herfs Boesmanland Kombuisboks – NOU TE KOOP!

Ingelê & gebak in ‘n Boesmanland kombuis, deur ‘n boervrou wat die kuns ken van stadig en tydsaam en deeglik kos berei, met liefde. Want die Boesmanland kombuis is hartlik en gasvry en opreg. Ons herfsboks sluit in:

  • Makataan in ‘n suikerstroop
  • Perskesnipper konfyt
  • Tuisgebakte beskuit
  • Outydse soetkoekies
  • Pre-Mix Meelmengsel vir paasbolletjies
  • Barrydale Handweavers katoen kombuisdoek

Hierdie herfsboks is saamgestel deur die volgende vrouens:

Hoe werk die bestelproses?

  • Pre-Orders is oop! So gaan nou dadelik na ons aanlynwinkel en kliek op Boesmanland Kombuisboks [Herfs]. Kliek op add to cart en voltooi die proses [Onthou om jou adres en telefoonnommer korrek in te sit vir koerier versending]
  • Jy sal per epos bankbesonderhede ontvang vir EFT betaling. Stuur bewys van betaling na boesmanland.langtafel@gmail.com
  • Nou begin die groot uitsien – alle Herfs bokse sal op 4 April 2022 per koerier gestuur word na adres soos met check out voorsien. [Ons stuur alle bokse op 1 dag uit om vars produkte te verseker!]

Met elke produk wat jy koop hou jy ‘n boervrou se droom aan die gang! Mag jy die produkte net so baie geniet soos ons dit geniet het om als vir jou bymekaar te sit.

Met liefde uit die Boesmanland xxx

NS – Indien jy ‘n Boervrou van die Boesmanland is wat graag sou wil deelhê aan hierdie projek kan jul my gerus ‘n whatsapp stuur na 078 320 2272.

5 Comments

  1. Hi Marli WHOW !!!!!! Dit is absoluut so “great”!!!! Alle voorspoed hoor!!!!
    Dit sal nog groot word. Veral as dit nie net aan die Boesmanland gekoppel word nie, maar dat jy ‘n boervrou het wat in Pretoria woon, of in Durbanville wat presies voorsien wat jy voorsien. Kouriers is duur, maar sodoende sal die koste laag gehou kan word en die verspreiding snel.
    Dis net ‘n “cost cut” gedagte veral vir die koper. All the best go for it.!!!! What about a franchise, one step further.!!!!!

    • Hi Tannie Anna
      Dankie vir tannie se oulike idees – ek kan sien ons is van dieselfde familie =)! My idee is juis om die Boesmanland vrouens se mooi te kan bemark daar buite – deesdae gaan dit vir die verbruiker oor die storie en die “opregtheid” van die produk. Ek hoop werklik dat die bokse vir elke ontvanger groot seën sal inhou!
      Wens ons kon een met die vliegtuig oorstuur!

  2. Marli, wonder of jul nog steeds in die drogues is – was daar dan nie emmers vol reën by jul ook nie ? Sou garage sou weet want jet met gebede bygedra met hoop, om wanneer ek in jul geweste dalk aankom, om te groet en saam dankbaar te wees vir die Goedheid wat ontvang is.

    • Hi Johan

      Baie dankie vir elke liewe gebed! Soos in die blog genoem het die Boesmanland wyd en suid lekker reen gekry. Die Here se goedheid ken geen grense en ons klomp staan in absolute verwondering oor wat tans in die veld aan die gang is. Ek dink nie in my korte lewe het ek al ons wereld so mooi gesien nie! Hopenlik kan ons erens met die mooi by jou ook spog as jy hier kom halo se.

      Groete

Leave a Reply