Moedersdag Rice Krispie Treats

Hierdie is ‘n maklike Moedersdag resep wat aangepas kan word na elkeen se smaak! Vir ‘n effens taaier en sagter koekie voeg nog malvalekkers by. Vir meer krakerigheid voeg nog Rice Krispies by.

Ek besef jy het nie noodwendig ‘n resep nodig om hierdie lekkertes aanmekaar te slaan nie, maar ek deel graag die manier waarop ons dit nog al die jare maak!

Vinnige kombuis wenke vir die maak van Rice Krispie Treats

  1. Maak seker jou mikrogolfbak is groot genoeg om te verhoed dat die malvalekkers oorkook as dit begin smelt
  2. Die resep werk net so lekker op die stoof! Roer aanhoudend terwyl die botter en malvalekkers smelt
  3. Wanneer jy die blokkies vasdruk werk liggies met die agterkant van ‘n spatula wat vooraf met botter gesmeer is. Indien jy die mengsel te hard vasdruk sal dit ‘n harde en kompakte blokkie tot gevolg hê.
  4. Pas jou verhouding malvalekkers tot Rice Krispies aan volgens jou smaak! Meer Malvalekkers het ‘n sagte, lekker taai blokkie tot gevolg
  5. Indien jou treats moet pas by ‘n spesifieke partyjietema gebruik wit Malvalekkers en voeg kleursel by!

Daarsy, tyd om jou kleinding kombuis toe te nooi, moue op te rol en saam te begin met moedersdag voorbereidings. Geniet!

Rice Krispie Treats

Recipe by Marli Visser

Hierdie resep is die ideale bederf vir enige kinderpartytjie (of enige ander feesviering)! Jy kan hom verder opvrolik met sprinkles of koekkleursel vir ander kleure. Dit is ‘n onfeilbare resep so moenie bang wees om te eksperimenteer nie.

bestanddele

  • 250g Malvalekkers

  • 125 g Botter

  • 5 x 250 ml Rice Krispies

  • 5 ml Vanielje Geursel

  • Knippie Sout

METODE

  • Gooi die malvalekkers en botter in ‘n diep mikrogolfvaste bak (Volume 3.5L of meer) en mikrogolf dit by 100% krag vir ongeveer 1 minuut of totdat alle botter en malvalekkers gesmelt is
  • Roer die mengsel goed
  • Voeg die rysvlokkies by en meng als vinnig deur voordat malvalekkers te taai begin raak
  • Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak van ongeveer 30cm x 20cm x 5cm, maak gelyk en druk liggies vas
  • Laat dit staan tot dit lekker styf is (Ongeveer 2 ure). Sny in blokkies en geniet!

Vir nog maklike resepte wat geen baktyd vereis nie, loer gerus hier:

Dadelballetjies

Rotskoekies

Mag hierdie moedersdag (en voorbereidings daartoe) vir die hele gesin vele pret en herinneringe inhou! Koester dit en bêre dit diep vir anderdag se onthou.

Met liefde uit my Boesmanland kombuis xxx

1 Comment

Leave a Reply