Boesmanland Hunkerkos Resepteboek
R220,00
“Of jy nou al hier was of nie, almal hunker eintlik so bietjie na die eenvoud van die Boesmanland. Boesmanland Hunkerkos bied salf vir daardie oomblikke, met resepte so eg soos die kontrei se mense. Dit is meer as net ‘n kookboek. Dit is ‘n opgawe van een van die grootste komponente van die Boesmanland kultuur: dis egte boerekos. Hierdie is ‘n leesboek, ‘n resepteboek, ‘n bêre-boek vir die nageslag – alles in een.”
Boesmanland Hunkerkos is uitgegee en saamgestel deur Hannelie van Niekerk & Theresa de Vries.
In stock
Description
As jy grootgeword het in die Boesmanland of die lewe al enigsins met jou hier padlangs gestap het sal jy weet dat die Boesmanlandse mense die sout van die aarde is – en die kos verseker die lekkerste boerekos in ons land is! Boesmanland Hunkerkos is ‘n leesboek, ‘n resepteboek, ‘n bêre-boek vir die nageslag – alles in een. Die resepte en onthoustories uit ‘n Boesmanlandse plaaskombuis word verdeel in die volgende afdelings: Vleiskos, Ligte Maaltye, Gebottel, Konfyt, Toekos & slaai, Meelkos, Brood & Beskuit, Annerlike Meelkos, Warm Nageregte, Koue Poedings, Terte, Klein Koekies, Groot Koeke, Allerlei, Lekkergoed & Outentieke Resepte.
Boesmanland Hunkerkos is saamgestel en uitgegee deur Hannelie van Niekerk en Theresa de Vries (Kokkedoor Onthou-kok Naaswenner 2013)
Additional information
Weight | 0,6 kg |
---|---|
Dimensions | 25 × 18 × 2 cm |
You must be logged in to post a review.
Reviews
There are no reviews yet.