Ek verlang na die dae toe Sondae nog Sondae was. Toe winkels se deure nog op Sondae gesluit was – nie ‘n apteek, ‘n kafee of ‘n restaurant was oop nie. Ons was genoodsaak om op Sondae stadiger te leef en retrospeksie te doen oor die week wat verby is. Ons kon na kerk hande […]
Tag: boesmanlandlam
Lam Pitas met Tzatziki & Microgreens
Ek het al in ‘n vorige blog vertel van ons Vrydagaand spyskaart as ons 3 sussies na ‘n lang koshuisweek vir die eerste keer weer die Boesmanland se lug inasem. My ma wat op die stoep staan met haar arms wydgesprei om ons by die huis te verwelkom. Dan moerkoffie en koshuisnuus opvang en vanaand […]
Lamskerrie
Ek was nog nooit gaande oor Kerrie nie. Ek het altyd die vermoede gehad dat dit weens die oormaat Bobotie was wat ons in Huis Unitas (Kakamas se meisieskoshuis) gekry het. Ek het eers hierdie jaar tot die besef gekom dat dit selgs Bobotie is wat die probleem is. Die eier, die rosyntjies en die […]
Skilpadjies
Ons het ‘n ryk geskiedenis van afval en afvalligheidjies hier in ons wêreld. Met bietjie navorsing het ek afgekom op ‘n skrywe van ‘n Vyftiende-eeuse Duitse resep vir Kalfslewer in netvet in Das Buoch von guoter Spise. Die kalfslewer is fyngemaak, gemeng met spek, korente, eiers en beskuitkrummels en in netvet toegevou in die pan […]
Die skaap se rib
Vra jy ‘n Boesmanlander wat is sy gunsteling gedeelte van die skaap (om te eet), sal 99% jou antwoord: Die Rib, die Kop of die afval. Ek en my skoonma het al begin spot dat dit net die “inkomers” in die Boesmanland is wat nie die rib kan waardeer nie. My ma was ook ‘n […]