Koffietyd is vir my groot. As Hoërskool kind onthou ek dat ek naweke van elke koffietyd ‘n okasie gemaak het (Ons Nelle is kosmense en soek geleenthede om te kan eet!) Daar was altyd Plungerkoffie en dan ‘n koek, tert, Pavlova, skuinskoek, varsgebakte beskuit of enige ander soet resep waarop ek my hande kon lê. […]