Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar […]
Tag: langtafel
Die lewe is mooi
Ek stuur ‘n boodskap hierdie week vir ‘n vriendin met ‘n foto van ons klein babalyfie wat klou aan die koffietafel dat haar kneukels witsit, met ogies wat net-net uitsteek bo die tafel en ‘n televisiekamer besaai met speelgoed in die agtergrond. “’n Opsomming van my lewe tans. Hy’s op sy kop. Onderstebo, deurmekaar, voller […]
2023 ‘n Diep jaar
Ons trek al by middel Januarie en uiteindelik kry ek tyd om ‘n oomblik agter my rekenaar in te skuif en sommer net vir elkeen van my lesers ‘n gelukkige en geseёnde 2023 toe te wens! Ek luister verlede week op RSG waar Amore Bekker met die blydskapsnavorser Johannes De Villiers gesels oor ‘n diep […]
Die Oestafel storie
Die ritme van ons lewe begin eis sy tol teen Desember en dan raak dit tyd vir ons almal om net stil te raak. Of jy nou Kersfees vier of nie, of jy jou huis se deure opgooi vir die hele familie (of die hele buurt) of nie – die maand van Desember het net […]
‘n Naweek van kaasmaak in die Boesmanland
Tuinsalie verwelkom ons uitbundig met ons aanland op die Vissers se werf Vrydagmiddag 14h00. Die pers blomme reik baldadig na die blou Boesmanlandse hemelruim. Daar kom ‘n Afrikaan brak swaaistert aangehardloop voor sy eienaar uit. Tiaan Visser – die man wat die Boesmanland op die map geplaas het met sy kase eg aan ons kontrei. […]
Valentynsdag Veldfees
So cliché soos dit mag wees kan ek nie help om opgewonde te raak soos ons 14 Februarie 2022 nader nie! Ek was nog nooit groot op “valentynsdag” nie – die kommersiële aspek aan hierdie dag staan my glad nie aan nie. Ek voel egter om die liefde te vier is onvermydelik – of jy […]