Tag: langtafel

Resepte, Rooivleis

Tuisgemaakte Pasta

My ma was baie lief vir pasta. In haar Huiskos Resepteboek het sy ‘n Rykmanspasta met sampioene en spek in. Spek was nie iets waarmee ons groot geraak het nie – dit was ‘n luuksheid. Feta was “kaas wat in water gedryf het” en iets wat ons verseker ook nie geken het nie! En al […]

Gebak

Vars-uit-die-boord Vyekoek

Ek het ‘n oor-die-berg buurtannie wat my gereeld bederf met lekkertes uit haar tuin en haar kombuis. Sy is ‘n vasvatter Boesmanland tannie wat dadelik haar huis vir my oopgegooi het toe ek as onsekere boervroutjie voet aan wal gesit het op Namies in 2019. Sy het 3 pragtige dogters van haar eie, wat almal […]

Stories

2022 ‘n Jubeljaar

‘n Week terug vat ek die langpad Kaap toe met net myself as geselskap. Met dagbreek ry ek verby die vlaktes net duskant Pella en ek sien hoe die son stadig begin kop uitsteek agter my. Die Boesmanland ontwaak. Letterlik en figuurlik met groen grasspruite en fyn opslag wat skaam-skaam hul weg vind en kankerbosblomme […]

Nagereg, Resepte

Kleintyd Gunstelinge

As ek terugdink aan my kinderjare is daar ‘n paar dinge wat uitstaan. Ons het die voorreg gehad om kaalvoet op die Boesmanlandsevlaktes met draadkarre rond te hardloop, Gert van die buurplaas het vir my, my heel eerste blikkitaar met ‘n blou en wit BP olieblik gemaak en my heel eerste lappop, met die naam […]

Resepte

Slinger-om-die-smoel

Vanaand was my Ouma Ans in my plaaskombuis… Niemand kon melkkos maak soos sy nie – sy was ook al een wat nie vir ons Spaghetti, Sago of melkkos frummels probeer opdis het as die ware jakob nie. Nie dat ek iets het teen laasgenoemde vorms van melkkos nie, dit is immers waarmee ek grootgeword […]

Ander, Stories

Welkom by my Langtafel

Ek het groot geword op ‘n plaas waar ons eettafel samesyn my heel beste herinneringe is. My ma was ‘n ongelooflike, passievolle gasvrou. Soos ons lees in Hebreërs 13:2 het sy ook telke male engele as gaste gehuisves. Toe ek net 14 was is my ma na haar verewig huis. Sy’t baie dinge vir ons […]