Die geboorte van ons heel eerste dogtertjie was die inspirasie agter my nuuste hartsprojek wat vandag uiteindelik die lig sien: Brood & Botter Resepteboek. As vrou en ma kan ons, ons so afsloof in die kombuis. Kosmaak, skoonmaak, onthaal – als om ons gesin te dien. En vir ons kinders kan dit lyk asof daar […]
Tag: trooskos
Tuisgemaakte Pasta
My ma was baie lief vir pasta. In haar Huiskos Resepteboek het sy ‘n Rykmanspasta met sampioene en spek in. Spek was nie iets waarmee ons groot geraak het nie – dit was ‘n luuksheid. Feta was “kaas wat in water gedryf het” en iets wat ons verseker ook nie geken het nie! En al […]
Melkkos uit my Plaaskombuis
“Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek, […]
Klapper en Hawermoutkoekies (Crunchies)
Met die geraas wat ons deesdae beleef tussen ‘n verskeidenheid van sosiale netwerke is dit so maklik om jouself te verloor. ‘n Vriendin laatweet vanoggend “Jong, my whatsapp was gisteraand gebreek. Facebook & Instagram ook!” Ons hele wêreld het vir ‘n wyle tot stilstand gekom. En dit het my skoon hartseer laat voel. Ek is […]
Botterskorsie Gnocchi
Die Boesmanland is bekend vir sy Augustus winde. Dit waai dat die wêreld wasig om jou word- genoeg om enige huisvrou stapelgek te maak. Die stof lê sentimeters diep op jou vensterbanke (al het jy vanoggend oral afgestof), die wind fluit om die hoeke van die huis en jy waag dit nie om ‘n deur […]
Lam Pitas met Tzatziki & Microgreens
Ek het al in ‘n vorige blog vertel van ons Vrydagaand spyskaart as ons 3 sussies na ‘n lang koshuisweek vir die eerste keer weer die Boesmanland se lug inasem. My ma wat op die stoep staan met haar arms wydgesprei om ons by die huis te verwelkom. Dan moerkoffie en koshuisnuus opvang en vanaand […]