Tag: trotssuidafrikaans

Stories

Uit ‘n Boesmanlandse plaaskombuis

Boervrou wees is ‘n hart, siel en gees ding. Ek stap nou al vir ongeveer 4 jaar die pad saam met die Boervrouens van die Boesmanland – dit was vier uitmergelende jare van droogte en swaarkry. Elke boervrou moes diep in haar menswees gaan grawe om net bietjie hoop te kry vir die dag van […]

Gebak

Vars-uit-die-boord Vyekoek

Ek het ‘n oor-die-berg buurtannie wat my gereeld bederf met lekkertes uit haar tuin en haar kombuis. Sy is ‘n vasvatter Boesmanland tannie wat dadelik haar huis vir my oopgegooi het toe ek as onsekere boervroutjie voet aan wal gesit het op Namies in 2019. Sy het 3 pragtige dogters van haar eie, wat almal […]

Ander, Resepte

Melkkos uit my Plaaskombuis

“Op die reuk van pypkaneel vlieg ‘n engel deur my huis” sing ek lig van gemoed saam met Willie Strauss (ook ‘n boorling van ons wêreld) terwyl ek besig is om frummels te vryf in my meel en botter mengsel. Daar is net iets nostalgies aan die reuk van kaneel of dit nou in pannekoek, […]

Gebak, Resepte

Klapper en Hawermoutkoekies (Crunchies)

Met die geraas wat ons deesdae beleef tussen ‘n verskeidenheid van sosiale netwerke is dit so maklik om jouself te verloor. ‘n Vriendin laatweet vanoggend “Jong, my whatsapp was gisteraand gebreek. Facebook & Instagram ook!” Ons hele wêreld het vir ‘n wyle tot stilstand gekom. En dit het my skoon hartseer laat voel. Ek is […]

Ander, Resepte

Roosterkoek in ‘n takskerm

Van my beste grootword herinneringe is in ons takskerm op Makkiesplaas. My pa het vir ons ‘n skerm gebou met droeë asbosse en ‘n sementvloer met ‘n ronde braai in die middel van klip. Ons het elke Saterdagaand gaste oorgenooi en lang kuiers gekuier onder die Boesmanlandse sterrehemel om ‘n staanvuur. Dit was en is […]

Gebak, Nagereg, Resepte

Malva Poeding met ‘n twist

As ek ‘n lys moet maak van my 10 gunsteling Suid-Afrikaanse kosse sal Malva poeding ‘n ere plek hê.  Dit laat my terugdink aan Sendingbasaar in Nanabees se stoor.  Dit was ‘n jaarlikse gebeurtenis op ons kalender:  Al die boere en werkers van die omgewing het bymekaar gekom by Tannie Leigh en oom Frances Visagie […]